untitled

Google
Die volgende punte is baie belangrik as jy na ‘n huis kyk om te koop:

                 Die huis  

  1. Hoeveel slaapkamers het jy nodig?
  2. Is die kombuis groot genoeg met die nodige kaste ?
  3. Is daar genoeg badkamers?
  4. Is daar genoeg kragproppe in elke kamer?
  5. Hoe lyk die gordynreelings?
  6. Is daar krake in die huis?
  7. Is daar genoeg ingeboude kaste vir jou behoeftes?
  8. Is daar matte of  teels op die vloere?
  9. Vind uit of die geyser in ‘n goeie toestand is.

 Die tuin en die buitekant van die huis
  1. Wil jy graag ‘n groot tuin hê of nie?
  2. Wil jy gereeld verf of verkies jy lae onderhoudshuis soos ’n sierbaksteenhuis?
  3. Is die huis gebars en is sy geute in ’n goeie toestand?
  4. Hoe lyk die buitegeboue? Voldoen dit aan jou behoeftes?
  5. Sal die dak binnekort weer geverf moet word? Dit is ’n groot uitgawe.
  6. Kan jy aanbou as jy wil? Is daar genoeg ruimte vir aanbou?
  7. Is  daar ’n swembad as dit een van jou behoeftes is?
  8. Hoe goed is die huis omhein? Is daar ‘n elektriese hek? Werk die motor van die  hek?
  


Web Hosting · Blog · Guestbooks · Message Forums · Mailing Lists
Allwebco Web Templates · Build your own toolbar · Site Building Articles · Audio, Fonts, Clipart
powered by a free webtools company bravenet.com