Welkom by ons Afrikaanse gesondheidblad.
Wat is diabetes?
Diabetes of suikersiekte is ‘n algemene metabolisme disfunksie wat deur te hoë vlakke van glukose (suiker) in die bloed gekenmerk word. Die pankreas produseer gewoonlik insulien en so word die glukose gekontroleer. Indien die pankreas nie produseer nie word die persoon ‘n diabeet
Kern begrippe
Glukose is die eindproduk waarin alle voesel wat ge-eet word in die bloed vervoer word. Dit verskaf energie en is noodsaaklik vir groei en ander liggaamsfunksies.
Die pankreas is ‘n klier agter die maag wat insulien produseer
Insulien veroorsaak die opname van glukose in die ligaamselle. Indien die glukose nie die liggaamselle binnegaan nie, bou dit in die bloedstrome op. Dit veroorsaak dan te veel hoë vlakke van glukose in die bloed.
Twee soorte suikersiekte:
Insulien afhanklike diabetes Mellitus (IADM)
Dit is tradisioneel bekend as tipe 1 suikersiekte en ontstaan waar daar ‘n ernstige tekort aan insulien in die liggaam is omdat die meeste of alle selle in die pankreas wat insulien produseer vernietig is.
NI-Insulien afhanklike Diabetes Mellitus (NIADM)
Tipe 2 suikersiekte, soos dit ook bekend staan, ontwikkel wanneer die liggaam steeds insulien produseer, maar die funksioneer nie normaal nie, of daar is te min insulien. NIADM kom voor onder ongeveer 80 – 90% van alle diabete.
.
Oorsake:
• Genetiese siekte wat in families voorkom. Gewoonlik het iemand anders in die familie soos ‘n moeder, vader of grootouers suikersiekte gehad
• Meer algemeen in oorgewig persone wat nie aktief is nie – dit beteken nie dat net oorgewig mense dit kry nie
• Kan veroorsaak word deur omgewingsfaktore soos stres, virusse, trauma of disfunksie van die liggaam se immuun sisteem
• Sekere medikasie soos steroides kan die liggaam ‘n weerstand laat opbou teen insulien
• Swanger vroue kan onverdraagsaamheid teeenoor glukose ontwikkel – daarom is dit belangrik dat bloedglukose vlakke gehandhaaf word deur die swangerskap
• Die risiko om dit te kry neem toe met ouderdom
Gevaartekens:
• Oorweldigende dors
• Uitslag, jeukerigheid
• Gewigsverlies
• Aanhoudende urinering
• Onverklaarbare moegheid
• Dubbelvisie
• Konstante hongerte
Kontroleer of beheer diabetes:
• Dieet
• Medikasie
• Oefening
• Bloedsuiker monitering
Dieetwenke:
• Eet gereelde maaltye met dieselfde hoeveelhede stysel
• Eet minder diepgebraaide en vettereige kos
• Lae vet smere, kaas en afgeroomde melk asook maer vleis
• Eet meer veselryke kos soos boontjies, ertjies en lensies
• Gebruik kunsmatige versoetmiddels
• Bereik ‘n ideale gewig en handhaaf dit
• Drink alkohol in gematigde hoeveelhede en nooit op ‘n lee maag nie
• Hoeveel jy eet is net so belangrik soos wat jy eet.
Vir resepte vir diabete kyk in ons RESEPTE AFDELING
1.
2. Eet 3 reëlmatige maaltye per dag en moenie 'n maaltyd oorslaan nie.
4. Gebruik kunsmatige versoeters soos bv. Suganon en nie suiker nie.
5. Eet lae vet kosse..
6. Eet met elke ete proteine, soos vleis, vis hoender, kaas, eier, grondboontjiebotter
Die volgende kos bevat suiker:
Suiker, Sjokolade, Koffie verromer, gekondenseerde melk, versoette koeldrink. Stroop, honing, roomys, jelly, koek, lekkers, marmelade, beskuit, pepermunt, Lucozade, Ingeblikte vrugte, fruit yoghurt (soetgemaak). Blatjang!
Alkohol
Vermy alkohol, tensy die diabetes goed onder beheer is, dan mag alkohol in kleiner mate gebruik word .
Drink Alkoholiese dranke net saam met maaltye, maar nie meer as twee gewone drankies per dag nie.. Dit is baie hoog in kalorië en moet vermy word by oorgewig.
Vermy soet wyn, sjerrie en likeur.
Een normale drankie
Maaltydplan vir 7600kJ dieet (1800 kcal)
Ontbyt:
1 koppie gekookte pap. Of: ¾ koppie ontbyt graankos
Melk (lae vet of afgeroom) melk
1 sny bruin of volkoringbrood 2 snytjies bruin of volkoringbrood
grondboonthiebotter margarine + kaas/vis/eier
Ligte happie:
1 vars vrug 1 vars vrug
Ligte maal:
3 snytjies bruin/volkoringbrood 1 koppie sop+2 snytjies brood
margarine margarine
vis/kaas/eier vis/kaas /eier
slaai slaai
Ligte happie:
1 vars vrug 1 vars vrug
Hoofmaaltyd:
2 aartappels + 3 eetlepels pampoen / 2 koppies gekookte pasta
1 hoenderbors / 3 eetlepel maalvleis
brokkolie+slaai / 6 eetlepels groente
1 vars vrug 1 vars vrug
Bedtyd:
1 snytjie brood
margarine
kaas
Algemene opmerkings
Hypoglycaemia/lae bloed glukose
Dit gebeur gewoonlik as jy nie geëet het nie of te weinig.
Simptome:
Kopseer
Duiseligheid
Beverigheid
Mislikheid
Moegheid
Transpireer vryelik
Honger
Wat moet jy doen?
Eet onmiddelik iets soet byvoorbeeld: 3 lekkers soos Super -C
½ glas sap/soetgemaakte koeldrank
3 teelepels suiker/heuning
Wag ± 15 minute, en as jy nie beter voel nie herhaal die bovermelde.
Kry nou iets om te eet, soos 'n kaastoebroodjie
Wanneer jy siek voel/geen eetlus het nie:
Moenie sonder kos bly nie.
Kry so'n biejie tuisgemaakte sop
Drink melk of yoghurt.
Suganon is die goedkoopste versoeter
bravenet.com